miércoles, 1 de abril de 2015

thumbnail

RAAD WAT NIEMAND WIL HOOR NIE


___

Wednesday, April 1, 2015

RAAD WAT NIEMAND WIL HOOR NIE

- STERWE : die koninkryksgeheim vir vrugbaarheid.


Sterwe om te kan lewe! Jesus se woorde inJohannes 12:24,25 is moontlik van sy ongewildste uitsprake vir mense in ons dag, maar dis die oplossing vir ‘n sukkelende kerk!

“Dít verseker Ek julle: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy ‘n groot oes in.
Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.”

“As die koringkorrel nie sterwe nie...” Geweldige woorde! Ingrypend radikaal! Jesus gebruik ’n eenvoudige beeld uit die landbou wat elkeen van sy hoorders goed sou verstaan. ’n Koringkorrel (of mieliepit) moet in ’n sekere sin sterwe sodat daar ’n oes kan kom. Hy moet sy huidige bestaan, identiteit en vorm as pit prysgee, onder die grond begrawe word en ophou voortbestaan as pit. As die pit by wyse van spreke sou weier, dan sou niks positief gebeur nie. Dit bly dan net alleen, daar’s geen oes nie en die pit mis sy bestaansdoel.

Jesus praat natuurlik in die eerste plek hier van Homself en spesifiek van sy sterwe aan die kruis.(dis kort voor die kruisiging) Jesus se sterwe aan die kruis lewer ’n ryk oes op van verloste mense. As Jesus nie gesterwe het nie, sou ons nie verlos kon word nie en daar sou geen oes van verlostes gewees het nie. Ons moet goed verstaan - Jesus het baie wonderlike dinge gedoen... preke, genesings, wonders.... maar nie een van hierdie dinge kon verlossing bewerk nie, Hy moes spesifiek sterwe en ons straf dra in ons plek. Daarom het Satan alles gedoen om Jesus van die kruis weg te hou... (hy het op 'n stadium selfs vir Petrus ingespan - Matteus 16:21-23)

Jesus moes sterwe! Sonder sy sterwe kon daar geen oes wees tot eer van die Vader nie! Jesus het om ons te red doelbewus ’n lewe van vernedering en lyding gekies wat uitgeloop het op die kruis.

EN ONS?

Hierdie selfde beginsel van sterwe om te kan lewe maak Jesus van toepassing op sy volgelinge. (vers 25) Dis op ons van toepassing op ’n aangepaste manier. Aangepas, want ons lyding verdien nie vir ons die lewe nie en bewerk nie verlossing nie. Anders gestel, niks wat ons kan doen kan vir ons sonde betaal nie. Geen offer wat ons kan bring kan die slegte dinge wat ons gedoen het uitkanselleer nie. En tog word daar van elke kind van God verwag om te sterwe aan sy eie voorkeure en belange.

Wat beteken dit? Jesus moet eerste gestel word, uit dankbaarheid vir wat Hy vir ons gedoen het. Wie Jesus nie bo alles kies nie, kan Hom nie volg nie.Jesus kry voorkeur bo alles wat vir my belangrik en dierbaar is! In hierdie opsig moet ek sterwe aan my eie lewe.

Geen sterwe, geen lewe, geen sterwe geen groei, geen sterwe geen oes! En daarom as daar geen sterwe in my lewe is nie, is my Christenskap vrugteloos,vaal en vreugdeloos. Hierdie beginsel is waar van Jesus self en sy werk geld as ’n basiese vereiste vir volgelingskap. Maar dis OOK die SLEUTEL tot vrugbare getuienis en sendingwerk.

Sonder ’n doelbewuste keuse vir lyding en sterwe kan daar geen suksesvolle uitdra van die evangelie wees nie! Sonder n keuse vir lyding kan jy nie vir die Here werk nie - ook nie by die huis, werk, in die gemeente of verre sendingveld nie. 

Dis baie duidelik : Jesus moes deur lyding God se Koninkryk kom vestig. In Getsemane het Hy homself finaal bereid verklaar vir hierdie pad. Jesus se lyding en vervolging het egter nog nie opgehou nie.  Ons lyding is ’n voortsetting van sy lyding.Dit is soos Paulus sy lyding verstaan het. “Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie. Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk,waarvan ek ‘n dienaar geword het volgens die opdrag wat God my gegee het om sy woord ten volle aan julle bekend te maak."(Kolossense 1:24,25) Paulus het lyding verduur ter wille van die kerk. Paulus het lyding verduur om sodoende die evangelie te verkondig en die kerk te laat groei. Dit was ’n doelbewuste keuse tot lyding. Hy kon rustig eenkant ’n kommerlose bestaan gevoer het as Christen. Maar nee, hy kies om die pad van vervolging te loop sodat die evangelie versprei kon word. Paulus pas die beginsel van die koringkorrel prakties toe. “Vir hierdie evangelie ly ek verdrukking, selfs in boeie soos ‘n misdadiger, maar die woord van God kan nie geboei word nie. Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat ook hulle die verlossing, wat daar in Christus Jesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang." (2 Timoteus 2:9-10)

God het besluit om sy uitverkorenes deur die lyding van sy Seun te red. God het ook bepaal dat die evangelie deur die lyding van sy diensknegte versprei sou word. 

Evangelieverkondiging gaan onvermydelik met opoffering, lyding en sterwe in baie opsigte gepaard.John Piper stel dit so : More and more I am persuaded from Scripture and from the history of missions that God's design for the evangelization of the world and the consummation of his purposes includes the suffering of his ministers and missionaries. To put it more plainly and specifically, God designs that the suffering of his ministers and missionaries is one essential means in the joyful triumphant spread of the gospel among all the peoples of the world.

Lyding ter wille van die verspreiding van die evangelie behels gewoonlik ‘n doelbewuste keuse Om deur God gebruik te word in die uitdra van sy Woord moet ons bereid wees om baie kere en in baie opsigte te sterf. Wat sou dit prakties beteken? Wat moet ek opoffer sodat die evangelie kan versprei, in watter opsigte moet ek sterwe? (hier is nou nie malariamuskiete en kannibale nie - hoe sterwe ek ter wille van evangelie?) Kom ons kyk na drie praktiese areas. 

Sterwe aan, doen afstand van:

~Aansprake op die veiligheid van my gemaksone, my gerief en eie belang. Ons voel so veilig om weg te kruip in ons bekende gemaksones...bekende mense, bekende aksies, bekende omgewings... Die uitdaging is: Sterf vir jou gemaksone en gaan sit langs ’n plaaswerker of 'n straatkind...steek grense oor, praat met iemand van ‘n ander kultuur of sienings... Wees bereid om my eie voorkeure prys te gee, te kies teen eie belang in terme van tyd en geld. Om die evangelie uit te dra, sal ek dalk tyd opsy moet sit wat ek andersins tot my eie voordeel sou kon gebruik het. Hierdie opofferings is malligheid in die oë van die wêreld, maar ook in die oë van die meeste kerkmense. Maar dis presies wat dit God se kinders gekos het om die evangelie oor die wêreld heen uit te dra – hulle het winsgewende en aanloklike loopbane vaarwel geroep, familie en vriende verlaat, hulle kinders aan malariamuskiete blootgestel... (Dink aan talle voorbeelde : Martin Rautanen, CT Studd, Adoniram Judson, David Brainard, AA Louw...) Maar dit gaan nie net oor sulke opvallende groot sake nie - Om werklik die Koninkryk van God te laat kom moet ek dikwels doelbewus teen my eie welsyn, regte en gerief kies ook wat klein dingetjies betref. Baie mense is bereid om op ’n afstand betrokke te raak by die uitbreiding van die Koninkryk, hulle wil nie hulle hande vuilmaak nie. Tevrede om op ’n veilige afstand ’n tjek uitskryf wat hulle nie eens regtig voel nie. 

~Kulturele ekslusiwiteit. Dis nodig om ons trots in ons sak te steek en in nederigheid grense oor te steek na ander mense en kulture wat volgens ons norme anders of minderwaardig is. Ons moet bereid wees om in ander mense se lewe in te klim, hulle denke te probeer verstaan, opofferings te maak om hulle te akkommodeer. Opofferings ten opsigte van byvoorbeeld taal, kleredrag, eet voorkeure... Ons moet geduldig gewoontes en gebruike wat vir ons onaanvaarbaar is verdra. Gewillig om kulturele opofferings en aanpassings te maak. Weet U dis presies wat Jesus gedoen het - hy het sy hemelse bestaan prysgegee en een van ons geword! (Vergelyk Filippense 2) As ons die evangelie wil deel moet ons diensknegte word wat van ons troontjies afklim. (Daar is geen plek vir die Amerikaanse "back in the States" houding nie!) Dis presies wat Jesus gedoen het .... Hy het nie gekom om “gedien te word nie, maar om te dien..” (Markus 10:45)

~Alle ambisies en begeerte na sukses en populariteit. Laat vaar daardie begeerte dat almal van my moet hou! Sterf aan die begeerte wat ons het om bedank en waardeer te word. As ons werklik die evangelie wil bevorder, moet ons bereid wees om nederige metodes te gebruik, wat aan God al die eer sal gee. Om agter die skerms te werk, om weggesteek te wees. Wees bereid om ongewild te wees en deur ander van valse motiewe beskuldig te word. Mense gaan nie van jou hou as jy vir die beginsels van die Woord staan nie. Is jy bereid om veragting en spot te verduur? Bereid om onbelangrik te wees? Satan het Jesus versoek op hierdie punt... Hy wou Jesus op ‘n pad van sukses en belangrikheid laat afdwaal. (“Spring van die tempel se dak af” Dit sou Jesus baie gewild laat word het, almal sou Hom ge “cheer” het...) Maar Jesus kies die pad van die kruis. Sukses en erkenning mag nooit ons dryfkrag en motief wees nie. Ons moet bereid wees om die evangelie te bevorder al sien ons nooit sigbare suksesse nie. Ons begeerte om bedank te word en erkenning te kry, moet ons afsterf. Wees eerder gereed vir teleurstellings en beledigings. Vriend, en weet maar, as jy vir die Here wil werk gaan jy getoets word. Die skoolkinders of plaaswerkers met wie jy die evangelie deel, juis hulle gaan jou dalk skade aandoen, of ondankbaar wees – en dan? Sal jy nog volhard in jou getuienis? 

Kan jy sien, sonder ’n bereidheid om skade te lei, om te sterwe in vele opsigte, is daar geen kans dat ’n mens regtig die evangelie kan uitdra nie? Sonder sterwe, geen vrugdra, geen oes en daarom geen vreugde! 

Twee slotopmerkings:

~Waar lê die struikelblok, hoekom groei die kerk nie vinniger nie? Hoekom is daar nog soveel onbereikte mense na 2000 jaar van kerkwees? Min Christene is bereid om die pad van die koringkorrel te loop. Min is bereid om hulle finansiële aspirasies en sekuriteite af te sterwe, min mense is bereid om hulle gesondheid op die spel te plaas. John Stott verklaar : The greatest single secret of evangelistic or missionary effectiveness is the willingness to suffer and die.

~ Miskien is daar iemand wat eerlik en opreg is en nou sê :”Ek wil graag die evangelie uitdra - maar ek moet nog aan baie dinge sterwe, ek sal maar eers wag tot ek dit regkry.” Vriende net Jesus se sterwe was volmaak en volledig. By ons is dit ’n onvolmaakte proses. Dis ’n proses wat lewenslank duur. Solank as wat jy lewe sal die kind van God agterkom - hier is nog ‘n soeke na selfbelang en eie eer wat in my pad staan. Moenie wag totdat jy volmaak is voordat jy die evangelie begin uitdra nie- dan gaan jy nooit sover kom nie. Stel jouself maar net tot beskikking van Jesus, die Heilige Gees is getrou en sal jou wys waar jy moet sterwe. Dis ‘n lang en moeisame (maar avontuurlike) pad. Begin net, vandag...

Ek het nog skaars begin leer loop op hierdie pad, mag Hy my genade tot bereidheid daarvoor skenk...


Groen koring in Namakwaland

Monday, March 30, 2015

ONDER NUWE BEHEER EN INVLOED

- sleutel vir ‘n gelukkige en Godverheerlikende huwelik.

Hier in EFESIËRS 5:22-33*  word radikale dinge gesê, soveel so dat die moderne mens in opstand kom daarteen! Van die vrou word immers geëis - Absolute onderdanigheid! (SOOS die gemeente aan Christus onderdanig is!) En van die man? Absolute selfopofferende liefde!(SOOS Christus die gemeente liefgehad en sy LEWE vir hulle opgeoffer het!) Terloops, beide opdragte is dus uiters radikaal en moeilik, nie net die één aan die vrou nie! Die hedendaagse mens is vol besware teen hierdie Skrifgedeelte : “Nee, dis darem te erg, dis outyds, dit kom uit ‘n patriargale tyd, ons kan dit nie meer aanvaar nie...” Wel vriende, hierdie is God se opdragte, vat dit of los dit... ek wil nie met jou daaroor stry nie. Die Christen neem dit wel ernstig op omdat dit God se Woord is. Die vraag waaroor die Christen wel besin is : Is hierdie opdragte realisties moontlik?

Nou as beide man en vrou aan hulle onderskeie opdragte gehoorsaam sou wees, dan word dit natuurlik ook vir beide makliker en ‘n groot plesier om dit te gehoorsaam. Dink net bietjie... Hoe meer lojaal en onderdanig die vrou is, hoe makliker en lekkerder is dit vir die man om sy vrou met opoffering en toewyding lief te hê. Hoe meer radikaal die man sy vrou lief het met opoffering en selfverloëning, hoe makliker en lekkerder is dit vir die vrou om haar man onderdanig te wees... Maar nou weet ons in ons stukkende wêreld werk dit nie so nie. In die praktyk kry ons dit daagliks, dat ‘n vrou sê : “Ek sukkel, ja ek weier om my man te respekteer , want hy gedra hom soos ‘n vark, hy het my nie lief nie...laat hy eers bietjie regkom dan kan ons weer praat...” En die man : “Ek sukkel, ja ek weier om my vrou lief te hê en vir haar enigsins opofferings te maak, want sy het geen respek vir my nie en wil altyd baasspeel... as sy eers geleer het wat respek is, wel dan sal ek weer probeer...” Doodloopstraat...

Hoe nou? Gaan ons enigsins dit kan regkry om by hierdie Goddelike standaard van die huwelik uit te kom of is dit maar net mooi ideale?

DIE GOUE SLEUTEL
Die sleutel tot al die opdragte in Efesiërs 5 (ook aan ouers en kinders en werkgewers en werknemers) kry ons in Efesiërs 5:18. “Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,” 

Dronkenskap word teenoor Geesvervuldheid gestel. Dit gaan duidelik nie hier in die eerste plek oor ‘n preek teen dronkenskap nie (hoewel dit ook van tyd tot tyd nodig is...) , maar oor ‘n beginsel wat Paulus stel. Wat bedoel hy? Kom ons bedink die saak ‘n bietjie... ‘n dronk mens tree anders as normaalweg op omdat hy onder die invloed en beheer van alkohol is. Hy is onder ‘n groter en sterker invloed, ‘n groter krag as homself. (Jy sien dit mos in sy oë – hierdie ou is nie meer in beheer van homself nie... hy is onder beheer van die alkohol en eintlik onder beheer van die duiwel...) Deur hierdie kontras wil Paulus sê dat die Christen nooit onder beheer van alkohol moet wees nie, maar onder die beheer van die Heilige Gees. Soos die dronk persoon se gedrag verander word deur alkohol, moet die Christen se gedrag nou bepaal word deur ‘n ander heerlike heilige invloed, naamlik die Heilige Gees van God wat in ons woon! 

En belangrik, die Heilige Gees doen die teenoorgestelde as alkohol. Alkohol breek af en maak stukkend – nie net glase, borde en motors nie, maar veral verhoudings! Die Heilige Gees maak heel, mense verhoudings word herstel en vrede keer terug. Alkoholmisbruik het losbandigheid, roekeloosheid, onsedelikheid en ontrouheid tot gevolg. Waar die Heilige Gees in beheer is, is daar soberheid, rustigheid, reinheid, getrouheid...

Hoe gaan ons dit dus regkry om God se opdragte oor die huwelik te gehoorsaam? Deur die krag van die Heilige Gees wat in ons woon.Hy is ‘n werklikheid, ‘n Goddelike Persoon, deel van die Drie-eenheid. Daar is Iemand in die kind van God wat nie in ander mense is nie, en HY maak die verskil! Maar dit beteken nooit dat die Christen nou passief agteroor kan sit nie. Ons moet ons daagliks doelbewus aan die leiding van die Heilige Gees onderwerp, wat reeds in my woon!. (Ons het immers hier met ‘n opdrag in vers 18 te make) ‘n Voortdurende wilsbesluit! Kies om onder die invloed van die Gees te wees! Dit beteken dat ons sal buig voor die opdragte in God se Woord, al gaan dit teen ons eie gevoelens in. Dit beteken prakties eintlik dat ons aan Jesus onderdanig sal wees en sy wense sal uitvoer, want die Heilige Gees is die Gees van Christus. “Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.” (21) Dit beteken dat ek teen myself kies en kies om Jesus te gehoorsaam, want ek respekteer Hom. My eerbied vir Jesus moet vir my swaarder weeg en meer tel as my persoonlike gevoelens van verontregting of vergelding. Daarom respekteer ek my huweliksmaat en medemens ter wille van my respek vir Jesus!

Prakties sal dit beteken dat die vrou onder beheer van die Gees sal redeneer : “Ja, my man was vandag lelik met my, maar ek kies steeds om hom te respekteer, omdat dit is wat Jesus van my verwag!” Die man onder beheer van die Gees sal redeneer :”Ja, my vrou het my vandag nie gerespekteer nie, maar ek kies steeds om haar lief te hê, (prakties liefde te bewys), want dit is wat die Here Jesus van my verwag.”

Ten slotte:

Hierdie opdragte bots teen ons sondige natuur en hardkoppige eiesinnigheid. Ons gaan dit nie sommer vanself en outomaties regkry nie – om sommer net ‘n huwelikskursus of berading te ondergaan gaan ook nie sukses waarborg nie.

Hierdie opdragte is net moontlik wanneer ons gehoorsaam onder die beheer van die Heilige Gees staan. Dis net wedergebore mense wat die Gees het, so hierdie opdragte is net moontlik vir mense wat waarlik Jesus as Verlosser leer ken het. Sonder Jesus as my Verlosser gaan ek misluk, al is ek dalk ‘n goeie kerkmens...

Al is ek ‘n kind van God, vereis hierdie opdragte ‘n daaglikse onderwerping aan die stem van die Heilige Gees wat in my woon. Ek moet nie dink ek gaan sommer as Christen altyd outomaties reg optree teenoor my man of vrou nie. Dis ‘n voortdurende keuse om my onder beheer van die Gees te stel, wat in praktyk beteken ‘n keuse om God se Woord te gehoorsaam, maak nie saak hoe verontreg of opstandig ek voel nie!

ONDER WIE SE BEHEER IS JY?


*21 Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.

22 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is.

23 Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.

24 Soos die kerk aan Christus onderdanig is, moet die vrouens in alles aan hulle mans onderdanig wees.

25 Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het.

26 Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het,

27 sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik.

28 Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame. Wie sy vrou liefhet, het homself lief,

29 want niemand het nog ooit sy eie liggaam gehaat nie. Inteendeel, hy voed en versorg dit, soos Christus met sy kerk doen

30 omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is.

31 Daar staan in die Skrif: "Daarom sal ‘n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees."

32 Hierin lê daar ‘n diep geheimenis opgesluit, en ek pas dit toe op Christus en die kerk.

33 Maar dit is ook op julle van toepassing. Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet, en ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon.

Thursday, March 26, 2015

RHODES MUST FALL

- ‘n wekroep wat rooi ligte en dinamietkerse laat flikker!

As Afrikaner het ek beslis geen voorliefde vir en simpatie met Cecil John Rhodes nie. Hy was ‘n uiterste voorbeeld van ‘n politieke knoeier (dink Jameson inval) en kampvegter vir Britse imperialisme. Dis onder hierdie einste imperialisme wat my volk gely en byna doodgebloei het weens die uitwissing van duisende vroue en kinders tydens die Anglo Boereoorlog.

En tog, beide as Afrikaner en Christen voel ek geroepe om te waarsku teen die onverantwoordelike oproepe om die Rhodes standbeeld (en ander soortgelykes) te laat kantel. Die beeld van opgesweepte skares wat standbeelde vernietig herinner aan gewelddadige rewolusies wat tot eindelose smart, chaos, verwoesting en haat gelei het. In ‘n multikulturele en etnies diverse Suidelike – Afrika kan sulke onnadenkende optrede tot uiterste spanning en voortdurende konflik aanleiding gee. En sulke chaotiese politieke en ekonomiese duisternis kan veral ons buurland suid van die Oranje beslis nie bekostig nie! (Eskom sorg reeds vir te veel daarvan...)

Om standbeelde te begin afbreek, skep 'n gevaarlike irrasionele klimaat en teelaarde vir anargie. Dit stuur af op ‘n situasie waar daar nie meer nugter gedink en beredeneer word nie, en baie saamgesleep word op ‘n wilde tog van emosionele aktivisme. ‘n Opruiendheid wat menslike dinamiet genereer, wat iewers gaan ontplof... En waar hou jy op as jy eers begin afbreek? Wie moet val en wie gaan bly staan? Wie gaan regter wees? Ja, Rhodes was ‘n imperialis en onderdrukker, ongetwyfeld. Maar wat van Shaka? Of sommiges dit wil hoor of nie, hy was ‘n geweldenaar wie se optrede die uitwissing van baie stamme tot gevolg gehad het. En ja tog, selfs by beide Rhodes en Shaka kan mens ook baie leer... entrepreneurskap, deursettingsvermoë, strategiese denke...

Nee, kom ons los en respekteer bestaande monumente (straatname, skoolname, dorpsname...) as deel van die geskiedenis. Al is dit nie ‘n geskiedenis wat almal ewe opgewonde maak nie. Kom ons gun dit ook vir mense wat anders voel as ons om nuwes op te rig. Laat ons rustig debatteer oor mense soos Rhodes en Shaka of wie ook al se rol in die geskiedenis. Om standbeelde af te breek gaan nie die foute en onregte waaraan hulle deel gehad het weer regmaak nie. Stukkende standbeelde skep nie welvaart en sakevertroue nie... nog minder versoening en vreedsame naasbestaan. Dis maklik (en benodig nie veel breinkrag nie) om monumente om te gooi en name te verander, maar dit gaan nie werksgeleenthede skep of 'n broodnodige positiewe beleggingsklimaat bevorder nie. Studies, harde werk, integriteit en innoverende denke gaan eerder ‘n land opbou en nuwe geleenthede skep vir almal... Of die betogende en morsende studente wat Rhodes se kop tans eis, hierdie eienskappe vertoon, betwyfel ek...

Nee, wat ouens los die nonsens en keer terug na die boeke en probeer liewers vir julleself 'n werksetiek aanleer... hiervoor sou julle selfs ou Cecil as voorbeeld kon gebruik en dalkies sien julle ook raak dat daar nog baie onontginde diamante in die Afrika bodem wag... vir die wat bereid is om te werk!

Thursday, March 19, 2015

ENIGSTE WARE VERLOSSER?

- hoe kan ek weet en glo dis Jesus?

Het die twyfel jou al beetgepak en jou laat wonder? Vrae soos : Hoe kan ek seker weet dat Jesus die enigste ware Verlosser is? Is alle godsdienste nie dalk maar min of meer waar nie? Ja, die Bybel sê duidelik dat Jesus die enigste Middelaar is (1 Timoteus 2:5), maar hoe weet ek dat die Bybel waar is? Is die evangelies nie maar net legendes of ’n klomp gekookte stories nie? Hoe kan ek eerlike en duidelike antwoorde op hierdie vrae kry?

‘n Goeie plek om te begin is die opstanding van Jesus. As Jesus waarlik uit die dood opgestaan het, kan ons Hom oor alles glo (oor verlossing, oordeel, hemel, hel...), maar as Hy nie opgestaan het nie, is Hy maar net nog ‘n mens, net nog ‘n profeet soos baie ander voor en na Hom.

Een duidelike bewys vir die opstanding is dat die dissipels eers self getwyfel het. (Matt 28:17) Hierdie dissipels wat Jesus sien sterf het was later egter so oortuig van die opstanding dat hulle bereid was om te sterf ter wille van hierdie feit. Nou, geen mens sal ‘n leuen uitdink doelbewus om jouself in gevaar te bring nie. Nee, mense dink leuens uit juis om hulleself te beskerm! As die dissipels self Jesus se liggaam gesteel het (soos sommige beweer) of geweet het sy lyk is nog in die graf, sou hulle mos nie moed gehad het om te sterf vir iets wat hulleself geweet het nie waar is nie. 

‘n Ander indirekte bewys van die egtheid van die opstandingsverhale is juis die verskille tussen die opstandingsberigte in die vier evangelies. As alles een mooi storie was sou mens kon vermoed dat dit ‘n uitgedinkte verhaal is, maar nou is daar soveel verskille en unieke beklemtonings dat dit inpas by ‘n uitsonderlike buitengewone gebeurtenis soos iemand wat uit die dood opstaan. Opmerklik ook is die feit dat die eerste getuies van die opstanding vroue was. Nou dit sou juis ’n hindernis wees in die oë van eerste eeuse lesers, want vroue is nie as betroubare getuies geag nie. So die enigste rede waarom vroue as getuies genoem word, was omdat dit werklik so gebeur het.

Party mense word egter nie maklik oortuig nie. Hulle sal sê, ja alles goed en wel, maar is die evangelies nie maar legendes of mooi uitgedinkte stories nie? Wie die evangelies noukeurig bestudeer sal gou agterkom dat hulle nie legendes is nie. Waarom? 1) Hulle ontstaansdatums is te na aan die gebeure wat hulle beskryf om legendes te wees. Indien dit onwaarhede sou bevat sou daar baie lewende persone wees wat die evangelies in diskrediet sou kon bring. In die Markus evangelie byvoorbeeld, vind ons sekere persone se name soos in die verwysing na Simon van Sirene waar spesifiek gemeld word dat hy die pa was van “Aleksander en Rufus”. (Markus 15:21) Hierdie moes bekende persone in die oorspronklike leser teikengroep gewees het. Enigiemand sou hulle kon uitvra oor die waarheid aan die gebeure. Dis ‘n duidelike bewys dat ons hier met kontroleerbare historiese beriggewing te make het. Paulus se briewe is nog vroeër geskryf as die evangelies en dit ondersteun ook die evangelies. 

2) Die inhoud van die evangelies is heeltemal te teenproduktief om gekookte stories te wees. Dink aan die lafhartigheid van die dissipels en by name die leiersfiguur Petrus (sy gruwelike verloëning van die Here) wat so duidelik en eerlik beskryf word. Dit sou vir enige beweging ’n groot verleentheid gewees het. Niemand sou so iets uitgedink het as dit nie regtig gebeur het nie.

Lees maar net die Nuwe Testament met ‘n oop gemoed en jy sal die egtheid, eerlikheid en nugterheid self aanvoel. Die evangelieverhale het geen voordeel vir die eerste dissipels ingehou nie, net nadele soos verwerping, vervolging en die dood. Waarom sou mens iets uitdink wat vir jou net ellende besorg? Waarom sou mens iets uitdink wat jou eie swakheid en ongeloof te beklemtoon as jy dan die stigters sou wou wees van ‘n mensgemaakte godsdiens?

Daar is nog ‘n groot rede om te glo. Die evangelie is so uniek en anders as enige mensgemaakte godsdiens. Ons het hier te make met ‘n unieke vorm van almag. God is so almagtig dat Hy Homself in Jesus swak maak. Jesus word verwerp, mishandel en gekruisig. Dis alles tekens van swakheid. Dis so anders as die wêreld se dapper helde en gode en profete. Maar Juis in sy swakheid kom sy almag na vore as Hy deur sy kruisdood en opstanding die houvas van die duiwel oor ons breek. Die evangelie is ook so anders as alle ander godsdienste wat eintlik maar net ‘n klomp opdragte bevat van wat die mens moet doen. Die evangelie gaan oor wat Jesus gedoen het vir en namens ons. Die godsdienste van die wêreld gaan oor : Doen, doen, doen.... Die evangelie van Jesus sê : Dit is gedoen, dit is gedoen, dit is gedoen.... In Jesus se eie woorde : “Dis volbring!” Hoe meer mens die goeie nuus van die evangelie hoor, hoe meer besef jy dit is onmoontlik nie deur ‘n mens uitgedink nie.

BONATUURLIKE GODDELIKE OPENBARING

Kom ons gaan weer terug na die oorspronklike vraag. Hoe weet ek dat Jesus die Seun van God en die ware Verlosser is? Daar is baie logiese redes (waarna ons nou gekyk het) maar hier in Matteus 16 kry ons die groot rede. Petrus kom tot ‘n heerlike erkenning en insig as hy bely : “U is die Christus, die Seun van die lewende God.” Nadat Petrus hierdie aangrypende belydenis gemaak het dan antwoord Jesus hom..."Gelukkig is jy, Simon Barjona," het Jesus vir hom gesê, "want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is.” (17) Dis ‘n eggo van Jesus se woorde in 11:25“Daardie tyd het Jesus gesê: "Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het.” Petrus het nie hierdie insig aan "vlees en bloed" sy eie familie of volk te danke nie - inteendeel! Sy insig en sy geloof is ‘n gawe van God. Dis ‘n bonatuurlike openbaring van God wat jou oë open vir Jesus, die Lig van die wêreld! As Hy dit vir jou gedoen het, dank Hom daarvoor, dis net genade!

Wat van jou? Glo jy al? Wonder jy of God Homself ook aan jou wil openbaar? Dis insiggewend en bemoedigend, net na Jesus se stelling in Matteus 11:25 waarna hierbo verwys word, rig Hy ‘n direkte en opeuitnodiging aan almal... ook aan JOU! “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee” (Matteus 11:28)


God laat die lig vir jou opgaan sodat jy kan sien wie sy Seun is en in Hom kan glo...

Friday, March 13, 2015

NOORD KAAP GEE REDES

Die Noord Kaapse sinode van die NG Kerk het duidelike redes gegee in 'n herderlike brief waarom die voorgestelde verandering aan Artikel 1 van die Kerkorde (wat voorsiening vir Belhar as opsionele belydenisskrif sou maak) verwerp is.

Hier is 'n uittreksel uit hulle herderlike brief:


Die sinode het – sonder om hom uit te spreek oor die aard of die inhoud van die Belharbelydenis - die voorgestelde wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde, onder andere, om die volgende redes nie goedgekeur nie:

1. Die voorgestelde kompromisvoorstel poog om mense tevrede te stel eerder as om aan die Skrif getrou te wil wees.

2. Die voorgestelde wysiging voer leervryheid in die Kerk se orde in, in stryd met die Skrif en die Drie Formuliere van Enigheid, omdat dit die keuse laat om ’n belydenisskrif te aanvaar of nie te aanvaar nie. Die implikasie is dat dit dan ook noodwendigerwys van die ander belydenisskrifte móét geld en/of dat nog belydenisskrifte – volgens die begeerte van lidmate – tot die belydenisgrondslag van die kerk toegevoeg kan/mag/moet word.

3. Daarby stel dit die kerk op die sogenaamde quatenus-standpunt, in plaas van die gereformeerde quia-standpunt. Eersgenoemde is meermale in die geskiedenis baie sterk deur die kerk afgewys. Die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland aanvaar die belydenisskrifte omdat dit in ooreenstemming is met die Skrif, nie insoverre of indien dit (volgens die oordeel/willekeur van lidmate) in ooreenstemming met die Skrif is nie.

4. Die voorgestelde wysiging is in stryd met die Ned. Geref. Kerk se belydenisgrondslag en die Skrif.

(Kliek op Herderlike Brief vir die volledige inhoud)



HEEL WORD IN GOD SE HUISGESIN

- waar die genade van God ons verander en herstel.

Ons bly in ‘n stukkende wêreld met stukkende mense. Die plek waar hierdie gebrokenheid die duidelikste gesien word is binne huwelike en huisgesinne. Tussen man en vrou, ouers en kinders.... Reg van die begin af kon die verwoestingswerk van sonde die duidelikste in mensverhoudinge binne gesins en familieverband gesien word. Die heel eerste gesin beleef ‘n broedermoord! Kain slaan sy broer Abel dood. Noag gaan hom te buite aan drank en sy eie seun Gam spot met hom en bring ‘n vloek oor sy nageslag. In Abram se gesin ontstaan ‘n konflik tussen die twee seuns Ismael en Isak wat nou nog voortduur. Onder Isak se seuns gaan dit nog erger. Jakob bedrieg sy tweelingbroer Esau. Byna is daar nog ‘n moord. Die stukkendheid word voortgesit onder Jakob se eie seuns. Josef word voorgetrek en sy broers haat hom so dat hulle hom wou doodmaak, maar uiteindelik as slaaf verkoop. Van die een geslag na die volgende is daar ‘n patroon van leuens, voortrekkery, en broederkonflik voortgedra. Verder aan in die geskiedenis is Dawid se gesin en nageslag ‘n goeie voorbeeld van stukkende verhoudings. Dit begin met sy owerspel met Batseba en die moord om dit te probeer toesmeer. Die gevolge is onder andere bloedskande, broedermoord, opstand en baie ander ellendes... 


Hierdie stukkendheid raak ons almal, maar word oor die algemeen baie goed weggesteek. Dis grootliks onsigbaar. Soos ‘n ysberg. Ons sien op die oppervlakte net almal se mooi en goeie kant. Vriendelike gesigte, kerkklere, mooi maniere en korrekte antwoorde... Maar binne in huise en huwelike is daar groot smart en ellende. Agter geslote deure bloei ons... Die grootste skok is dat hierdie dinge gebeur in die huise van mense wat Christene is. Nie net naamchristene nie, maar mense wat werklik kan getuig, dat hulle die Here as Verlosser leer ken het, maar ‘n klomp van hierdie dinge het oorgebly in ons lewens...

JOU OUERHUIS BLY BY JOU

Die grootste invloed op ‘n mens kom uit die gesin waarin jy grootgeword het. Dit het ‘n effek op mens ook al het jy ‘n Christen geword. (dit beteken nooit ek mag my ouers dieskuld gee vir my sonde nie, maar dat hulle foute en gebreke 'n invloed op my hat is onontkenbaar)

Sommer net ‘n paar voorbeelde of ‘n paar vrae om oor te dink: Was daar voortrekkery en onregverdigheid in die huis waarin ek grootgeword het? Was daar traumatiese gebeure of skandes soos ‘n egskeiding, bankrotskap, aborsie, alkoholisme, molestering, buite egtelike verhoudings, gesinsgeweld? Hoe is dit hanteer? Is dit maar net altyd weggesteek? Dit het ‘n effek op wie jy vandag is, al is jy miskien nie eers bewus daarvan nie. Hoe is sukses en prestasie gedefinieer in jou ouerhuis? Was dit in terme van geld? (Kyk hoe gelukkig is daardie mense want hulle bly in so 'n huis of ry so 'n kar...") Sport? Akademiese prestasie? (Jy is net belangrik in so verre jy presteer) Hoe was die kommunikasie in jou ouerhuis? Is probleme maar net toegesmeer of is dit uitgepraat? Die antwoorde op hierdie vrae raak jou... ook nou miskien na baie jare.

[Die ooglopende fanatieke ywer van sommige ouers dat hulle kinders op sport of akademiese gebied moet presteer en gevolglik tot in die rooi gedruk word, kan dikwels aan hierdie invloede in hulle eie ouerhuise toegeskryf word.]

Dis duidelik, ons ouers en huisgesinne waarin ons grootgeword het, het ‘n blywende invloed op elkeen van ons. Hulle het baie goeie dinge gedoen, maar almal het ook baie foute gemaak wat tot vandag toe nog ‘n invloed op ons het. Stukkende gevolge. As ons nie heel word nie, word dieselfde sondige patrone en ellendes net weer so aan die volgende geslag oorgedra en dit word al erger...

Nou wat nou, is daar hoop, kan ons heel word? 

NUWE GESIN

Ja, vir God se kinders is daar hoop, want ons word in ‘n nuwe huisgesin opgeneem. Dis die dramatiese en gewigtige implikasie van Jesus se woorde inMARKUS 3:30-35. Hoor wat sê Hy : “Hy het die mense aangekyk wat in ‘n kring om Hom sit en gesê: "Hier is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder." (34,35) As ek wedergebore word, kind van God word, dan word ek deel van ‘n nuwe gesin, ‘n nuwe familie. Ja, 'n nuwe begin...  Hierdie familie is ‘n nuwe skepping van God. Hierdie nuwe familie is baie belangrik, dit het prioriteit selfs bo my aardse familie. Dis duidelik wat Jesus impliseer. Die gemeente van Jesus is die huisgesin van God, dis ons nuwe naaste familie! ( Vergelyk 1 Timoteus 3:15)

En dis binne hierdie familie waar die Here ons wil heelmaak. Ons het almal letsels vanuit ons ouerhuise en opvoeding, maar binne in die gemeente as familie van God word ons nou as’t wareheropgevoed. Scazzero praat van “reparenting”.* Dit maak nie saak wat my agtergrond is nie, die kind van God kan heropgevoed word. Hoe gebeur dit? As ons eerlik na onsself kyk in die Woord en saam met ander gelowiges die Woord begin gehoorsaam - dan verander ons en word heel.(eerlikheid is ‘n kernvereiste!!) As ons erns maak met die Bybel (kliek op BLY BY DIE BYBEL ), dan word ons geleer om ou sondige patrone af te lê en te oorwin en nuwe lewenspatrone aan te leer. (Gaan lees gerus Kolossense 3 om te sien wat ons moet los en wat ons moet aanlaar...) So word ons geleidelik verander, so word ons gehoorsaam aan God, so word ons heropgevoed, so word ons heel! Sonde letsels word heel, sondige denkpatrone word verander, sondige gewoontes word oorwin, stukkende verhoudings word herstel... Die Bybel se benaming vir hierdie proses is heiligmaking. Hierdie proses is natuurlik persoonlik, maar dit vind ook juis plaas binne die konteks van my nuwe geestelike familie! Hulle bedien my met die Woord, hulle is geduldig met my, hulle help my op, hulle wys my foute uit met die gesindheid van Jesus, want almal wat deel is van Jesus se familie is maar te bewus van hulle eie geestelike gebrokenheid! Dit kan mos nie anders nie...

Daar is duidelike fasette van Christenskap wat ons moet onderskei:

Vryspraak – volle vergifnis van al my sonde. Niks van my hele verlede word meer teen my gehou nie. Ek staan sonder skuld voor God.

Heiligmaking – die daaglikse proses van verandering volgens God se wil, van heel word in al ons verhoudings.

Moenie moed verloor oor die stukkendheid in jou eie lewe nie!  Laat ons ook geduldig wees met mekaar, want ons almal is deur die sonde geskend! Jesus het juis gekom om heel te maak, wat Satan gebreek het. Hy doen dit deur vryspraak en heiligmaking. Hy doen dit deur Sy Woord en Sy Gees! Hy doen dit binne die huisgesin van God, die gemeente. Hy doen dit sodat ons ‘n lewe kan leef wat God sal eer!

*Scazzero, The Emotionally Healthy Church

Thursday, March 12, 2015

MARTELARE OP DIE STRAND

- die Egiptiese Christene se getuienis leef voort.

Die tragiese dood van die jong Egiptiese Christen mans wat deur ISIS islamitiese rebelle langs die see in Libië keelaf gesny is, was nie tevergeefs nie. Die Egiptiese Bybelgenootskap het 'n publikasie met gepaste Bybelverse die lig laat sien in hulle reaksie op hierdie weersinwekkende gebeure. Op die voorblad is 'n aangrypende gedig gepubliseer.

Hier is die Engelse weergawe :

Two rows of men walked the shore
of the sea,
On a day when the world’s tears
would run free,
One a row of assassins, who
thought they did right,
The other of innocents, true sons
of the light,
One holding knives in hands held
high,
The other with hands empty,
defenseless and tied,
One row of slits to conceal glaringdead
eyes,
The other with living eyes raised
to the skies,
One row stood steady, pall-bearers
of death,
The other knelt ready, welcoming
heaven’s breath,
One row spewed wretched,
contemptible threats,
The other spread God-given peace
and rest.
A Question...
Who fears the other?
The row in orange, watching
paradise open?
Or the row in black, with minds
evil and broken?


Wat 'n ongelooflike voorbeeld van Christelike reaksie in die lig van uiterste provokasie!  Ons wapen is die evangelie van Jesus, maak nie saak hoe groot die haat en vyandskap teen ons is nie!


'n Jong werkster by die Bybelgenootskap van Egipte se kantore het vertel hoe dat sy bemoedig is deur dit wat gebeur het? Hoe dan so? Sy vertel :


https://gallery.mailchimp.com/017b6b7c5bf6d7468fcc6aedc/images/ae96f668-5717-4010-a17c-731b2909d5b8.jpghttps://gallery.mailchimp.com/017b6b7c5bf6d7468fcc6aedc/images/9d7d20e0-7a90-47f3-b00c-7e5c416485a5.jpg“I am encouraged” she said, “because now I know that what we have been taught in history books about Egyptian Christians being martyred for their faith is not just history but that there are Christians today who are brave enough to face death rather than deny their Lord! When I saw these young men praying as they were being prepared for execution and then many of them shouting “O Lord Jesus” as their throats were being slit, I realized that the Gospel message can still help us to hold on to the promises of God even when facing death!”

Tuesday, March 10, 2015

BELHAR BOEMERANG

- kompromie is nie altyd so ‘n slim uitweg nie.

Die besluit van die NG leierskap om gemeentes en sinodes te laat stem oor ‘n nuwe voorgestelde Kerkorde Artikel 1 wat voorsiening maak vir die aanvaarding van die Belhar belydenis as opsionele belydenisskrif is besig om lelik te boemerang. Belhar beweer om ‘n belydenisskrif van versoening te wees, maar dis besig om groter verskeurdheid en onmin as ooit in kerkgeledere te ontketen. Dit verdeel mense wat in hart en praktyk eintlik saam glo en reeds saamdoen. Die Namibiese sinode was die eerste om ‘n stokkie voor die kerk se Belharplanne te steek, toe die vereiste twee derde ja meerderheid nie verkry kon word nie. Dit het gelei tot ‘n stroom van beskuldigings en verdagmakery deur die sogenaamde ja stemmers wat baie bedroef was oor die uitslag. Nou het die Noord Kaapse sinode oorweldigend nee gestem vir die voorgestelde nuwe artikel 1. Of dit tot ‘n verdere vloedgolf van verwyte sal lei, sal mens nou maar moet sien... 


Ek wil my nie hier op simplistiese wyse aan ‘n ja of nee kant skaar nie. Ek wil my wel verstout om te sê dat die hele stemmery eerder nooit moes plaasgevind het nie!


Kom ek noem ‘n paar redes:



Die voorstel oor Artikel 1 hou nie rekening met die kompleksiteit van die saak nie. Daar is verskeie redes waarom sommige ja gestem het. Van ‘n diepe vereenselwiging met Belhar se inhoud aan die eenkant of bloot ‘n emosionele gebondenheid tot aan die anderkant van “kom ons stem maar ja, want hulle gaan aanhou hiermee totdat ons almal ja gestem het” (Kwalik ‘n geldige motivering vir die aanvaarding van ‘n belydenisskrif, maar nietemin...) Daar is ook uiteenlopende redes waarom sommige nee gestem het. Van aan die eenkant ‘n grondige verskil met sommige formulerings van Belhar, die emosionele stigma wat daaraan kleef, die gevoel van dwang wat die kerk se propaganda masjien rondom die saak geskep het, tot aan die anderkant die wete dat so ‘n kompromis artikel 1 nie vir die VGK aanvaarbaar sal wees nie. (Daar ook diegene wat Belhar nie-opsioneel deel wou sien van die kerk se belydenisgrondslag, maar wou gehad het dat dit gelyk met die ander belydenisskrifte dieselfde status moes deel.) Daar sou ook diegene kon wees wat vrede het met Belhar as ‘n verklaring, maar nie die status van belydenisskrif daaraan sou wou toeken nie. En ja, daar is diegene wat ongemak beleef het met die afdwing van 'n proses en die intense eensydige oorredingsveldtog wat dit vergesel het... Al hierdie mense is nou in die nee kamp gedwing en word sommer nou lustig van apartheid en konserwatisme beskuldig.



Mens kry die indruk dat die leierskap ‘n kompromisvoorstel as maklike opsie gekies het om sodoende konfrontasie te vermy. As dit oor nietige randsake gaan is kompromie seker ‘n goeie ding, maar as dit oor ‘n wesentlike saak gaan soos die belydenisgrondslag van ‘n kerk, gaan dit nie werk nie. Die NG kerk raak nou bekend daarvoor dat wesentlike sake sommer maklik gesystap word. Jy kan mos volgens een AS besluit glo dat daar iets soos ‘n duiwel bestaan, maar jy hoef dit ook nie te glo nie... Dit klink my of almal in die kerk nie eers meer seker is of 'n huwelik eksklusief uit een man en een vrou bestaan nie...

Of ons dit nou wil weet of nie. Belhar is vir baie mense ‘n emosioneel gelade woord, hetsy positief of negatief. Vir sommige klink dit na rewolusie en Satan, vir ander is dit amper sinoniem aan evangelie. Dit gaan nie gou verander nie. Om die saak deur ‘n demokratiese proses na een of ander kant te dwing gaan gemoedere opjaag. Ons moet eerder saam dink, saam bid en vanuit die Skrif rigting soek, sonder die druk van propaganda wat mense net kwaad maak...

Om te stem oor Belhar was die verkeerde opsie.Spesifiek wat ons eie Namibiese konteks betref moes ons eerder vars en bietjie uit die boks gedink het. Belhar het immers daar ver in die Kaap gebeur in ‘n baie anderste konteks al sou daar raakvlakke kon wees. In ons land verloop die versoeningsproses baie anders as in Suid-Afrika...

Baie Namibiese NG gemeentes het al vir jare lidmate vanuit ander kulture, sonder dat ons Belhar as belydenisskrif onderskryf. Dit sou natuurlik oneerlik wees om te beweer dat niemand rassevooroordele het nie (waar sou sulke mense gevind word?), maar die voorbeelde van hartlike liefdevolle samewerking oor rasse en kultuurgrense heen is te veel om op te noem. En dis waar van mense wat ja sowel as nee gestem het... Hierdie positiewe feite word onsigbaar in die rookwolke van verwyte na die sinode stemming in Windhoek. En dis ontsettend jammer! 

Dit sou eweneens oneerlik of minstens baie naïef wees om te dink dat die aanvaarding van Belhar as belydenisskrif nou skielik tot eenheid, liefde en medemenslikheid gaan lei. En mens sou seker kon vra : Ons het immers die Heilige Skrif, as mense nie aan die Bybel gehoorsaam is nie, gaan Belhar nou skielik hulle harte verander? En dit in ‘n tyd dat ons bestaande belydenisskrifte maar weinig bekend is...Sal die Belhar ondersteuners tog ook 'n slag net so opgewonde raak oor ons kosbare Dordtse Leerreëls?

Wat dan? Ek sou wou voorstel dat ons eerder in ‘n openhartige gesprek saam met ons VGK broers en ander belanghebbendes hoor wat hulle kwellings en verwagtings is. Vanuit so ‘n gesprek kan ons ‘n eietydse verklaring afkomstig uit Namibiese bodem maak. As daar dinge is wat ons nog moet bely, laat ons dit bely, as daar veranderings moet kom, laat ons onsself daartoe verbind, as ons weer opnuut na ons eie harte moet kyk, mag ons daarvoor genade vind, as dit selfs nodig is dat ons van Belhar se gesigspunte moet oorneem, laat ons nederig genoeg daarvoor wees... As dit nodig is laat ons dit dan op skrif stel in oorleg met mekaar, maar noem dit dan asseblief met ‘n eie Namibiese naam... Dalk iets soos die OMBILI (vrede) VERKLARING? Ek vra eintlik maar net dat ons nie by ‘n naam (Belhar) vashaak nie, maar wesentlik na die saak kyk, want ek is oortuig dat daar by die verre meerderheid van ons aktiewe lidmate groot ooreenstemming is oor sake soos die evangelie, liefde, eenheid in Christus en die belangrikheid van uitreik na mekaar. Tot dan, laat ons asseblief ophou om mense oor Belhar in kampe te jaag... Ek vra mooi, laat ons tog nie Belhar verhef tot 'n moderne "sjibbolet"* en maatstaf vir liefde en eenheid nie... Die vereiste vir kerklidmaatskap en ware eenheid is geloof in Jesus Christus en Hy alleen!


Saam aan die werk vir Jesus in ons mooi land...


* Sien Rigters 12:6

Friday, March 6, 2015

BLY BY DIE BYBEL

- en hou koers in moeilike tye!


Ons almal het al moeilike of swaar tye beleef. Ons beleef nou weer ‘n moeilike tyd met ‘n groot droogte. (kliek op DROOGTE) Natuurlik het elkeen sy eie idee wat moeilike tye behels... As daar finansiële druk is, as daar spanning by die werk is, vir sommige as dit eksamen tyd is, of as die meisie in wie jy belangstel, nie in jou belangstel nie... Paulus skryf ‘n brief aan die jongman Timoteus. Hy waarsku hom teen swaar tye, moeilike tye... Waaroor het hierdie moeilike tye gegaan? Wat was so swaar en sleg? Ons lees daarvan in 2 Timoteus 3:1ev “Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie;hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.” (2 Timoteus 3:1-5)

Dit kom daarop neer, mense sal al meer goddeloos en vals wees! ‘n Totaal verkeerde waardesisteem wat eerder op genot as God fokus! Mense sal nog lyk en praat soos Christene (deel wees van die kerk), maar daar sal geen krag in hulle lewens wees nie. Geen krag om heilig te lewe en sonde te oorwin nie.

Hierdie moeilike tye sal gevaarlik wees vir God se kinders. Hoekom?

Dis ‘n tyd van vervolging. “Watter vervolging moes ek nie alles verduur nie! Maar die Here het my uit almal gered. Almal wat in Christus Jesus toegewy aan God wil lewe, sal ook vervolg word.” (11,12)

Dis ‘n tyd van valse lering, misleiding en afdwaling“Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.” (13) Ander mense sal self die pad byster raak maar ook ons probeer wegtrek van God se pad af en vir ons valse dinge in ons koppe inprent.(Kliek op ABEL)

Die moeilike tye beteken dat ons die gevaar loop om die hemelse prys mis te loop. Dit dreig om ons geestelik te laat verdwaal en koers te laat verloor. 

Nou gee Paulus praktiese raad aan Timoteus (en aan ons) hoe om seker te maak dat ons nie koers sal verloor nie. Advies oor hoe om veilig ons hemelse bestemming te bereik. Hy sê vir Timoteus, jy moet hou by wat jy geleer het, want jy weet mos by wie jy dit geleer het! Maar dan gaan Paulus verder. En sy groot raad is : Bly by die Bybel, wat jy al van kleins af ken! (Terloops ouers, hier is vir julle ‘n belangrike boodskap... Die fondasie van verlossing word reeds van jongs af gelê by jou kinders. Gereelde huisgodsdiens! Wee, die arme kinders wat dit moet ontbeer...)

Kom ons kyk vinnig na 2 Timoteus 3:14-17.

“Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was en jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus.
Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.”

Hoekom is die Bybel so belangrik? 

Opsommend kan ons sê : Die Bybel gee vir ons die regte kennis/inligting, sodat ons in Jesus kan glo, sodat ons gered kan word. Die Bybel vertel van Jesus en net Hy kan ons verlos. Belangrik, die Bybel self red ons nie, maar vertel ons hoe ons deur Jesus gered kan word. (‘n Bybel op jou bedkassie gaan jou dus nie in die hemel bring nie.) Die groot punt wat Paulus maak is dat ons maar die Bybel kan glo, want dis deur God geïnspireer. God self het deur sy Gees in die harte van die Bybelskrywers gewerk sodat hulle vir ons die ware en suiwere boodskap oor Jesus kon neerskryf.* Hy onderstreep die kosbaarheid, belangrikheid en onmisbaarheid van die Woord – om dit te ken en natuurlik te gehoorsaam.

PRAKTIES

Dan raak Paulus baie prakties en verduidelik mooi waarmee die Bybel ons help.

Die Bybel onderrig (leer) ons die waarheid. Die Bybel is soos ‘n padteken of ‘n GPS.Die waarheid is die waarheid van Jesus. Oor sy kruis en sy opstanding en dat ons net deur Hom gered word en deur niemand anders nie.

Die Bybel bestry dwaling.Dwaling is al die valse leringe, al die misleiding wat ons hoor. Dis soos ‘n siekte. Paulus beskryf dwaling as ‘n vretende kanker! (2 Timoteus 2:17) Die Bybel is die regte medisyne, die regte inspuiting vir die siekte van valse lering. As jy moedeloos en deurmekaar raak deur mense se stories en leuens, gaan terug met ‘n kinderlike gemoed en verwagting na die Bybel en jy sal weer geestelik gesond word.

Die Bybel help ons om verkeerdhede reg stel. Die Bybel is soos ‘n stel "spanners" wat my geloofskarretjie weer aan die loop kry! Dit help ons om weer reg te dink, waar ons begin verkeerd dink het. Om weer opreg te glo en te volhard.

Die Bybel kweek by ons die regte lewenswyse. Die Bybel is soos ‘n “gym” waar ons geoefen word om gesond en reg te leef. Die Bybel oefen my om die regte leefstyl te hê, die regte keuse en besluite te maak. Die Bybel maak my sterk om die regte lewe te leef al sien en hoor ek elke dag ‘n klomp verkeerde dinge.

Die Bybel oefen ons om reg te dink en reg te doen! Leer en lewe!

Sonder die Bybel sal ons nie die moeilike tye van dwaling, afvalligheid en valsheid kan oorleef nie. Sonder die Bybel sal ons wegdwaal van God se pad en nie by ons hemelse bestemming aankom nie.

Positief gestel, die Bybel berei ons voor om ‘n lewe te leef wat God gelukkig maak. (17) Is jy ernstig om vir God te leef? Wel dan sal jy erns met die Bybel maak. Jy sal erns maak met kerk toe gaan, erns maak met stiltetyd, erns maak met gehoorsaamheid. Ons leef in moeilike tye, moenie moed verloor nie, maak net erns met die Woord van God!

BLY WEG VAN VERKEERDE MENSE EN BLY BY DIE BYBEL!

*Dis baie eenvoudig gestel, maar hierdie is nie die plek om ingewikkelde inspirasie teorieë te bespreek nie.


VRAAG : HOE MOET ONS DIE BYBEL LEES? DIE KORT ANTWOORD IS : MET JESUS AS VERTEKPUNT IN SY GEHEELKONTEKS. (Kliek opKONTEKS en ook op LUGFOTO)

Wednesday, March 4, 2015

DS. FERDIE WEICH

- voltooi sy aardse loopbaan.

Die baanbreker NG sendeling onder die Boesmans van  Namibië  is nou onlangs in Pretoria oorlede. Hy is in 1961 met oplegging van hande bevestig in Orumana en begin in dieselfde jaar die werk onder die Boesmans te Tsumkwe in die destydse tuisland, Boesmanland in die noord-ooste. Nadat hy tussen 1976 en 1980 die NG Sendingkerk Grabouw bedien het, keer hy terug na hierdie land om in die gemeente Wildevy  (Grootfontein, Tsumeb, Otavi omgewing) die werk onder die Boesmans voort te sit. In 1988 word hy die Uitvoerende Sekretaris van die Namibiese Bybelgenootskap tot met sy aftrede. 

Ds. Weich was veral bekend vir sy taalkundige baanbrekerswerk onder die Boesmans. Oom Ferdie en my eie Pa, Johan de Koning het ook nou saamgewerk. Lees gerus sy nuusbrief wat hy geskryf het na aanleiding van die groot deurbraak onder die Boesmans by Tsumkwe in 1973.  (Kliek op NUUSBRIEF)



[Op hierdie ou foto van my Pa, kan ds. Weich in die agtergrond gesien word. Nou is altwee stryders nie meer met ons nie...]

Friday, February 27, 2015

HOMOSEKSUALITEIT : OPE BRIEF

2015-02-25

’n Ope brief aan die Algemene Sinode van die NG Kerk: Taakspan oor Homoseksualiteit

Geagte Moderamen

UITNODIGING OM SKRIFTELIKE BYDRAE:  ’N BYDRAE DEUR ’N VOORMALIGE HOMOSEKSUEEL

Ek dank u vir die uitnodiging aan belanghebbendes om ’n skriftelike bydrae te lewer met die fokus op die status en etiese vrae rondom selfdegeslagverhoudings. As ’n man wat vir 32 jaar in ’n homoseksuele leefstyl betrokke was, van oriëntasie verander het, en tans bykans 11 jaar getroud is,  glo ek dat ek ’n bydrae tot die debat kan lewer.

Kern-homoseksualiteit is waarskynlik so oud soos die mensdom self, en alreeds in die Griekse en Romeinse era het daar teorieë oor die oorsake van homoseksualiteit bestaan.3  Dit is belangrik om kennis te neem dat dié wat in die hedendaagse samelewing selfdegeslagverhoudings voorstaan, nie verteenwoordigend is van almal wat aangetrokke voel tot persone van dieselfde geslag nie. Verder moet ’n duidelike onderskeid gemaak word tussen ten minste twee groeperinge van persone wat selfdegeslag-aangetrokkenheid beleef.

Daar is sommige wat aangetrokke voel tot persone van dieselfde geslag maar dit nie as hulle identiteit aanneem nie. Hulle glo nie dat hulle so gebore is nie en glo dat verandering moontlik is. So ‘n persoon beleef oor die algemeen sy selfdegeslag-aangetrokkenheid as ongewens. Baie van diesulkes beskou dit as vernederend en beledigend as daar na hulle as gay en selfs homoseksueel verwys word. Hierdie groepering stel nie belang om met ’n persoon van dieselfde geslag in die huwelik te tree nie.

Die tweede groep neem hulle selfdegeslag-aangetrokkenheid aan as ’n identiteit, glo dat hulle so gebore is, nie kan verander nie en sal na hulleself as gay verwys. Hierdie groepering is oor die algemeen, bewustelik of onbewustelik, deelgenote in die polities-gedrewe gay agenda. Sommige van hulle sal in ’n huwelik bevestig wil word maar nie almal deel daardie sentiment nie.

Selfdegeslagverhoudings is ’n komplekse aangeleentheid en vra vir ’n vlugtige terugblik op ’n hermeneutiese aspek. Die kerk bevind hom in ‘n dilemma met die hantering van die saak, nie omdat die Bybelse en hermeneutiese toepassing onduidelik of verwarrend is nie, maar omdat die onderwerp vanuit verskillende invalshoeke benader word.4 Gagnon verwys na die Omgekeerde Hermeneutiese Skaal en verduidelik dit soos volg:5

Essentially, the anti-“homosex,” pro-complimentary, or pro-structuralist side of the homosexuality debate in the church is best served when it formulates the following arguments in this order if significance:

1.  Scripture: Scripture shows consistent, strong, absolute and counter cultural opposition to homosexual practice. It is in short a core value in scriptural sexual ethics. The scriptural witness against homosexual practice is inclusive of caring homosexual unions and forms of homosexual practice involving some degree of congenital causation.  The closest analogues to the Bible’s opposition to homosexual practice are the Bible’s opposition to adult incest and the New Testament’s opposition to polygamy; in other words, forms of behaviour that society today still proscribes. A similar argument may be made from church tradition (church fathers on).

2.  Philosophical reason (a nature argument): Transparent observation of the complementary features of man and woman in the material order of nature make evident that homosexual unions are structurally incongruous (cf. the nature argument from Rom. 1:24-27).  A same-sex union does not pair sexual counterparts or “other halves.”  Biologically related impulses are less reliable indicators of what is natural than the compatible structures of maleness and femaleness. This too is the view of Scripture.

3.  Scientific reason: Homosexual behaviour is characterized by higher rates of problems as regards sexually transmitted disease, depression and suicidality, high number of sex partners over the cause of life, and short-term sexual unions. These problems, which occurs at markedly different rates for homosexual males and homosexual females, are attributed, at least in significant part, to biological differences between men and women and the absence of moderating other-sex influence in homosexual relations.  Moreover, science has failed to show that homosexuality is an inevitable consequence of birth or in all respects culturally immutable.

4.  Experience: Personal encounters with, or at least awareness of, individuals whom God appears to have healed of same-sex attraction give hope for transformation.  At the same time, however it is unscriptural to define transformation as requiring the eradication of all unwanted impulses.  Jesus’ call to discipleship as a death to self is a call to self-denial in the midst of contrary impulses.

The pro-“homosex,” pro-affect, or anti-structuralist side, for its part, formulates the following arguments, in this order of significance:

1.  Experience:  Personal encounters with, or at least awareness of, well-adjusted homosexual persons, who appear unable to change their sexual orientation and are in a caring homosexual relationship, provides persuasive evidence for the acceptability of homosexual relations.

2.  Scientific reason: Science has shown that a homosexual orientation is often significantly influenced by congenital factors and very resistant to change.  At least some of the problems associated with homosexual practice are attributed to the lack of societal supports for committed homosexual unions. Moreover, harm is not inherent.

3.  Philosophic reason: The quality of affective bonds in a homosexual union trumps any formal/structural requirements. Moreover, the biologically related character of homosexual orientation makes homosexual expression “natural.”

4.  Scripture: While a small number of passages in Scripture appear to oppose homosexual practice, these passages do not oppose caring homosexual relationships between homosexual oriented persons. Moreover, Scripture’s focus on the command to love and its special concern for the oppressed leave room for loving homosexual unions. Changes in the Bible’s views on slavery, woman’s roles, and divorce and remarriage gives hermeneutical license for developing a new perspective on homosexual practice.  

Gevolglik is die verskil tussen die twee kante nie net twee verskillende vertrekpunte, die Skrif vir die een en ondervinding vir die ander nie, maar elke kant aanvaar ook ‘n reeks argumente wat in ‘n omgekeerde orde van belangrikheid van mekaar is.6 Dit laat ‘n vraag oor die gesag van die Skrif ontstaan.

In die gereformeerde tradisie is die Skrif die hoogste gesag, en alhoewel beide kante daarop aanspraak maak dat die Skrif die hoogste gesag is, kom Gagnon, na sy bespreking en genoemde voorbeelde, tot die slotsom:7

What these anecdotes illustrates is that the mainline denominations that move to support committed homosexual unions will ultimately have to give up any pretense in their official statements to treating the Scripture as the highest authority in matters of faith and practice. The highest authority will now be whatever is “existentially engaging and compelling” to the individual interpreter, in other words, one’s own subjective experience.

Die Skrif is duidelik dat God die mens biologies manlik en vroulik, komplementêr tot mekaar geskape het en vir heteroseksualiteit ontwerp het.8 Biologiese geslagtelikheid is medies verifieerbaar en die mens se liggaamlike ontwerp is ’n aanduiding van wie hy is. Dit is dus ook ‘n aanduiding van wat “normaal” is. King definieer “normal” as dit wat volgens sy ontwerp funksioneer.9

Met die Skrif egter op die agtergrond, subjektiewe ondervinding as vertrekpunt endisoriëntasie as maatstaf, beweeg ons in ’n doolhof van verwarring in, waar alles gedekonstrueer kan word.10 Die bril waardeur ’n persoon kyk, wat homself met sy selfdegeslag-aangetrokkenheid identifiseer, is ’n ongegronde voorveronderstelling wat sê: “Ek is so gebore en kan nie verander nie. Dit is wie ek is.”  Vir ’n persoon om op dié  punt te kon kom, moes hy alreeds alle hoop opgegee het om sy ongewenste gevoelens en begeertes te verander en sy heteroseksuele potensiaal te ontwikkel. Hy moes sy vroeëre wens om ’n konvensionele huwelik en familie te hê, laat vaar het. Hy moes dus deur ’n rouproses gaan oor die verlies van dit wat hy begeer het. Dit is dan ook hierdie rouproses oor sy drome en begeertes wat dit vir hom onmoontlik maak om te glo dat enigiemand anders kan verander.11

Dit is tydig om onsself daaraan te herinner: “Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken?” (Jer. 17:9). Psigiater Dan Siegel bring perspektief op die onderwerp as hy skryf:12

Objectivity permits us to have a thought or feeling and not become swept away by it. It recruits the ability of the mind to be aware that its present activities – our thoughts, feelings, memories, beliefs, and intentions – are temporary and, moreover, that they are not the totality of who we are. They are not our identity.

Dit noodsaak ‘n kort bespreking oor oriëntasie. In die homoseksuele debat word oor oriëntasie gepraat asof dit ’n netjies-afgebakende fenomeen is wat mense in ’n onbetwisbare kategorie plaas. Ons sal spoedig sien dat dit vêr van waar is en dat ‘n persoon se subjektiewe belewenis ’n gevaarlike-wasige grys gebied is as vertrekpunt vir Christelike etiek. Wat onthou moet word, is dat daar nie net een wêreldbeeld oor oriëntasie bestaan nie. ’n Mens se wêreldbeeld beïnvloed sy optredes en gevolglike uitkomste.13

’n Persoon kan homself letterlik met enige erotiese aangetrokkenheid – denkbaar en ondenkbaar - identifiseer. Daar bestaan geen DNA of mediese toets wat ’n persoon se oriëntasie of geslagsidentiteit kan vasstel nie. Oriëntasie is ’n sosiale konstruk. Dit is ’n persoon se eie self-verklaring van sy subjektiewe belewenis van erotiese aangetrokkenheid tot ’n ander persoon. Hiervolgens klassifiseer en identifiseer hy homself.

Baie mense het al die vraag gevra: “Word ’n persoon met heteroseksuele aangetrokkenheid heteroseksueel gebore?” Die antwoord is nee, ’n persoon word nie heteroseksueel gebore nie.14 ’n Volgende vraag is: “Word ’n persoon met homoseksuele aangetrokkenheid so gebore?” Weereens is die antwoord nee.15

Dit lei tot die volgende vraag, naamlik of daar buiten heteroseksuele aangetrokkenheid, bi-seksuele aangetrokkenheid en homoseksuele aangetrokkenheid ook nog ander moontlike kategorieë voorkom? Die antwoord is ja. Navorsing toon dat die volgende twee kategorieë hierby gevoeg moet word, nl. “hoofsaaklik heteroseksueel” en “hoofsaaklik homoseksueel.”16 Pan-seksualiteit17 is ook ’n oriëntasie wat al hoe meer van gehoor word asook aseksualiteit.18 Sommige persone is onseker oor hulle oriëntasie en staan bekend as “Questioning.” Ook is daar die verskynsel van transseksuele persone. Voormalige Homoseksuele, ’n term wat meer beteken as wat die woord sê,19 is ’n ander oriëntasie waarvan kennis geneem moet word.

Navorsing dui daarop dat oriëntasie vloeibaar is en persone van oriëntasie kan en ook wel verander20 (ek is ’n lewende getuie daarvan2). Dit is duidelik dat oriëntasie glad nie staties is nie en kom voor op ’n kontinuum wat enigiets kan wees tussen die twee uiterstes, eksklusief-homoseksueel aan die een kant en eksklusief-heteroseksueel aan die ander volgens die Kinsey Skaal.21 Voorgestelde faktore wat ’n persoon se oriëntasie bepaal, is identiteit, aangetrokkenheid, fantasieë en gedrag.22 Daar word op gewys dat seksuele oriëntasie beide die werklike seksuele ondervindings (bv. gedrag, aangetrokkenheid en fantasieë) en wat ’n persoon oor daardie ondervindinge glo, insluit. ’n Ondersoek dui daarop dat in ’n omgewing waar homoseksualiteit meer aanvaarbaar is, heteroseksuele persone makliker neig om te identifiseer met homoseksualiteit.23 Oriëntasie is dus meer vloeibaar as wat pro-gay ondersteuners gewillig is om te erken.

Onder terapeute24 en seksuoloë is dit bekend dat daar onder die hoof-kategorieë hierbo genoem, ook sub-kategorieë voorkom. Dit beteken dat persone eroties aangetrokke is tot ’n variasie van moontlike ouderdomsgroepe en geslag. Hieronder is infantofiele (onder die ouderdom van 5 jaar), pedofiele (onder die ouderdom van 11 jaar), hebefiele (11 tot 14 jaar), ephebefile (15 tot 19 jaar), pedohebefiele (beide onder 11 en 11 tot14), teleiofiele (volwasse persone) en gerontofiele (aangetrokke tot persone 50 jaar en ouer). Daar is ook adolessente wat eroties aangetrokke is tot persone ouer as hulleself (hierdie groep blyk nog nie ’n klassifikasie te hê nie, en kenners wys daarop dat bv. ’n 15 jarige wat aangetrokke is tot ’n 30 jarige nie ’n gerontofiel is nie).25 Asof dit nie genoeg is nie, is ‘n persoon óf eksklusief tot ’n ouderdomsgroep en geslag aangetrokke, óf hy het nie ’n eksklusiewe voorkeur nie en mag enige van die moontlike kombinasies beleef.26 In die afwesigheid van sy hoof-voorkeurgroep, neig die mens om tot ander groepe aangetrokke te wees.27

Dan is daar nog die persone wat eroties aangetrokke is tot familielede (bloedskande) – neem in ag dat alles wat in die vorige paragraaf bespreek is, hier van toepassing is -  en dié wat aangetrokke is tot diere (bestialiteit) met al die variasies wat daar voorkom. Voeg nog hierby al die parafilie en fetishe wat individue in voorafgaande oriëntasies mag beleef.

Die voorafgaande subjektiewe belewenismoontlikhede laat onder andere Situasie Etiek verdag. ’n Mens wonder onwillekeurig wie in gedagte is wanneer daar in die kerklike debat na homoseksuele verwys word en waarom die spesifieke groep uitgesonder word. Nog meer so as mens die promiskue aard van gay verhoudings in ag neem.28

Seksualiteit het voorts met moraliteit te doen en subjektiewe ondervinding hou nie rekening met die mens as ‘n morele wese nie. Studies bring aan die lig dat die mens met ‘n morele kern gebore word29 en dat die middel-prefrontale korteks van die brein betrokke is by die fasilitering van moraliteit.30 Dit herinner ’n mens aan Gen. 3:22 “Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken,”  en Rom. 2:14 “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie.” Hierdie bevindinge maan ons tot versigtigheid. Gereeld word die kerk en Christene beskuldig dat hulle die oorsaak is dat gay mense verwerp, depressief, en so meer voel, weens die sogenaamde liefdeloosheid wat daar in die kerk teenoor gays heers. ‘n Mens moet nie hierdeur mislei word nie. Dikwels is dit die persoon se eie gewete wat hom aankla en word daar dan na ’n sondebok gesoek.

Seksualiteit word dus ook ’n teologiese aangeleentheid, en subjektiewe ondervinding bring nie die sondeval en hoe die eerste Adam se sonde die hele mensdom affekteer, in berekening nie (Rom. 5:12). Dit verontagsaam ook die verslawende aard van sonde.31 Dit ondermyn en verloën die krag van die Evangelie en die verlossingswerk van Christus. Vir ’n insiggewende bespreking van hierdie baie belangrike teologiese onderwerp, bestudeer gerus Gagnon se artikel “Scriptural perspective on Homosexuality and Sexual Identity.”32

‘n Laaste woord handel oor die gebruik van wetenskap. Dit is merkwaardig dat sekulêre wetenskaplike nagevorsde benaderings soos dié van, onder andere, neropsigiater en navorser Dr. Jeffrey Schwartz, die Bybelse konsep (bv. Rom. 5 tot 8) steun en benadruk dat die mens se identiteit nie sy brein, sy biologie, ’n siekte of psigiatriese ongesteldheid is nie.33 Hy maak ook hierdie baie belangrike stelling:34

I think it’s fair to say that any reasonable person would know that the science that works so well in explaining the material world does not work nearly so well in the realm of explaining how human beings act, and what human beings are, and what it means to be a person, a human – a living, breathing, and even to use the word spiritual, human being in the real world.

Psigiater Jeffrey Satinover maak ’n bydraende opmerking tot die onderwerp:35

Science... can say nothing about morality. For morals have to do with how things should be, whereas science can at best only tell us how things are. Furthermore, once we begin to consider how things should be, we find ourselves in the domain of religion. Notwithstanding the fuzzy modern impression that morality can be contrived apart from transcendent absolutes, religion is the originator of all morality. As Fyodor Dostoyevsky observes, ‘Without God, all things are permissible.’

Ten slotte is die manne en vroue hierbo bespreek, u en ek en elke ander mens op die aarde. Hulle sit Sondae in die kerk en skuur skouers met mekaar in die alledaagse samelewing. Hierdie mense moet ’n etiek hê waarvolgens hulle met mekaar in dié samelewing omgaan, en moet weet wat normaal is, sodat hulle hul gedrag daarteen kan meet. Waar anders kan dit vandaan kom as van hulle Ontwerper en Skepper. Sy Handleiding, die Skrif, is baie duidelik. Daarvolgens is homoseks in alle vorme en enige ander seksuele gedrag buite die huwelik, sonde. Die huwelik is ’n verhouding tussen een man en een vrou waarin die teenoorgestelde geslagte mekaar komplementeer. Dit maak die vraag rondom selfdegeslagverhoudings irrelevant aangesien die huwelik nie geherdefinieer kan word nie. ‘n Selfdegeslagverhouding sal dus nooit in God se oë die status van ’n huwelik kan hê nie. Die twee partye sal in ’n sondige verhouding leef, waar die gesegde geld: “if you call a rose by any other name, it will still remain a rose.”

Groete In Hom

André Bekker
Advocating for the Constitutional Rights of Former Homosexuals
Ministering to People with Unwanted Same-sex Attraction, Families and Loved Ones


Verwysings
Kurtz, Stanley, “Beyond Gay Marriage,” The Weekly Standard, August 4 - August 11, 2003, Vol. 8, No. 45.
Hubbert, T. K., Homosexuality in Greece and Rome: A sourcebook of Basic Documents (Los Angelis:University of California Press, 2003:2).
Gagnon, R. A. J., Why the disagreement over the Biblical witness on Homosexual Practice, p 1.  Afgelaai op 2015-02-08http://www.robgagnon.net/articles/ReformedReviewArticleWhyTheDisagreement.pdf.
5 Ibid. p.19-21
Ibid. p.22
Ibid. p.25
De Young, J. B., Homosexuality: Contemporary Claims Examined in Light of te Bible and Other Ancient Literature and Law (Grand Rapits:Kregel Publication, 2000:31-32, 278, 296, 328); Gagnon, R. A. J., The Bible and Homosexual Practice: Text and Hermeneutics (United States of America:Abington Press, 2001:193-194); Gagnon, R. A., J., The Bible’s Surprisingly Consistent Message on a Male-Female Requirement for Marriage, 2011. Afgelaai op 2015-02-15
9 King, C. (1945). "The meaning of normal," Yale Journal of Biology and Medicine, 18, 493-501.
10 Nicolosi, J., Should Human Nature “Function According to its Design”?  Afgelaai op 2015-02-19 http://josephnicolosi.com/should-human-nature function/.
11 Nicolosi, J., Should Human Nature “Function According to its Design?” Afgelaai op 2015-02-08http://josephnicolosi.com/should-human-nature function/
12 Hierdie inskrywing is op sy Facebook page op 22 October 2013 gemaak.
13 Nicolosi, J., Gay as Self-Reinvention http://josephnicolosi.com/gay-as-self-reinvention/.
15 Dokumentêr: Understanding Same-sex Attraction https://www.youtube.com/watch?v=jJhyzqdzpnM.Wetenskap en Geloof http://faithandscience.ag.org/videos/davis/Journal of Human Sexualityhttp://www.narth.com/#!cv/cdy2Former Homosexuals do Exist in South Africahttp://www.learntolove.co.za/index.php/advocasy-and-same-sex-attraction/former-homosexuals-do-exist-in-south-africa. NARTH  http://www.narth.com/; Whitehead, N., Whitehead, B., My Gene Made Me Do It: Homosexuality and the Scientific Evidence (Aanlyn uitgawe Oktober 2013, Hoofstuk 1 tot 11). Afgelaai op 2015-02-09 http://mygenes.co.nz/download.htm . Jordan-Young, R. M., Brain Storm: The Flaws in The Science of Sex Differences (Cambridge:Harvard University Press, 2010).
16 Vrangalova, Z., & Savin-Williams, R. C. (2012). Mostly heterosexual and mostly gay/lesbian: Evidence for new sexual orientation identities. Archives of Sexual Behavior, 41, 85-101. En Savin-Williams, R. C. & Vrangalova, Z. (2013). Mostly heterosexual as a distinct sexual orientation group: A systematic review of the empirical evidence. Developmental Review, 33, 58-88.
17 Pansexuality: One who can love sexuality in many forms. Like bisexuality, but even more fluid, a pansexual person can love not only the traditional male and female genders, but also transgendered, androgynous, and gender fluid people. http://www.urbandictionary.com/define.php?term=pansexuality.
19  Voormalig Homoseksueel/Former Homosexual is ’n ander term vir Ex-gay. Ex-gay is ’n kulturele term wat ook offisieel erken word deur die National Lesbian and Gay Journalist Associationhttp://www.nlgja.org/resources/stylebook. Vir die Ex-gay beweging beteken Ex-gay: “Some Ex-gays have previously identified as gay but many never done so. They do not believe that homosexuality is innate and believe change is possible. Many have experienced complete sexual orientation change, while some still have unwanted same-sex attractions and choose to live lives of chastity.”  Omdat oriëntasie ’n self-identifikasie is, gee die definisie in woorde die Ex-gay se identifikasie.  Dit is belangrik om kennis te neem dat ’n Ex-gay nie nou ’n heteroseksuele identifikasie het nie, ’n fout wat mense oor die algemeen maak. In “Former Homosexuals do Exist in South Africa” maak ek die volgende opmerking: “Former homosexuals are not tolerated and discriminated against because they are now heterosexual. No! They are not tolerated and discriminated against because they are former homosexuals, proving that changing sexual orientation is possible. They are in a unique situation and need equal protection.”
20 Hier is 'n skakel na 120 video getuienisse van Ex-gays: http://www.gcmwatch.com/10615/80-exhomosexual-video-testimoniesFormer Homosexuals do Exist in South Africa:http://www.learntolove.co.za/index.php/advocasy-and-same-sex-attraction/former-homosexuals-do-exist-in-south-africa;  Whitehead, N., Whitehead, B., My Gene Made Me Do It: Homosexuality and the Scientific Evidence (Aanlyn uitgawe Oktober 2013, Hoofstuk 12). Afgelaai op 2015-02-09http://mygenes.co.nz/download.htm.
22 Vrangalova, Z., & Savin-Williams, R. C. (2010). Correlates of same-sex sexuality in heterosexually-identified young adults. Journal of Sex Research, 47, 92-102.
23 Preciado, M. A., Johnson, K. L., Peplau, L. A. (2013). The impact of cues of stigma and support on self-perceived sexual orientation among heterosexually identified men and women. Journal of Experimental Social Psychology, 49(3), Issue 3, 477–485.
24 Cohen, R., Gay Children Straight Parents: A Plan for Family Healing (United States of America:InterVasity Press, 2007, p. 112-113). Sien ook Nicolosi, J,. What About the Masculine Type of Homosexual Manhttp://josephnicolosi.com/what-about-the-masculine-type/
25 E-pos korrespondensie tussen my en Dr. Blanchard op 30 Januarie 2015.
26  Vir die paragraaf se inligting verwys ek die leser na onder andere die volgende navorsingstukke:Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all. (2012).  Sexual Attraction to Others: A Comparison of Two Models of Alloerotic Responding in Men.  Archives of Sexual Behaviour, 41, 13–29. Sien ook: Lykins, A. D., Cantor, J. M., Kuban, M. E., ed. all. (2010).  Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment 22(3), 279–289.  Sien ook: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all.,  Absolute Versus Relative Ascertainment of Pedophilia in Men, Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment, 21(4), 431–441.  Blanchard, R. Lykins, A. D., Wherrett, D., et. all. 2009, Pedophilia, Hebephilia, and the DSM-V,Archives of Sexual Behaviour 38:335–350; Blanchard, R., 2010, The DSM Diagnostic Criteria for Pedophilia, Archives of Sexual Behaviour 39:304–316; Hames, R., Blanchard, R., 2012, Archives of Sexual Behaviour 41:745–747; Blanchard, R., A, 2013, Dissenting Opinion on DSM-5 Pedophilic Disorder, Archives of Sexual Behaviour 42:675–678; Blanchard, R., 2010, The Fertility of Hebephiles and the Adaptationist Argument against Including Hebephilia in DSM-5, Archives of Sexual Behavior 39(4): 817-818.
27 Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all. (2012).  Sexual Attraction to Others: A Comparison of Two Models of Alloerotic Responding in Men.  Archives of Sexual Behaviour, 41, 13–29. Sien ook: Lykins, A. D., Cantor, J. M., Kuban, M. E., ed. all. (2010).  Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment 22(3), 279–289.  Sien ook: Blanchard, R., Kuban, M. E., Blak, T., ed. all.,  Absolute Versus Relative Ascertainment of Pedophilia in Men, Sexual Abuse: A Journal of Research and Treatment, 21(4), 431–441.
28 Nicolosi, J., An Open Secret: The Truth About Gay Male Couples. http://josephnicolosi.com/an-open-secret-the-truth-about/
29 Bloom, P., Just Babies: The Origins of Good and Evil (New York:Crown Publishers, 2013); Wilson, J. Q., The Moral Sense (New York:Simon and Schuster, 1997); Siegel, D. J., Mind Sight: The New Science of Personal Transformation (New York:Random House, Inc, 2010, p.9, 21, 26, 29, 87, 170, 258-59, 269). Smith, A., The Theory of Moral Sentiments, (Brazil:Metalibri, sesde uitgawe 2005, oorspronklike teks 1790).
30 Siegel, D. J., The Mindful Brain (New York:Norton and Company, 2007,44,321-24); Verplaetse, J., De Schrijver, J., Vanneste, S., Braeckmen, J., The Moral Brain: Essays on the Evolutionary an Neuroscientific Aspects of Morality, (Heidelberg:Springer, 2009).
31 2 Pet. 2:19 “...waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword;” McCormick, P. Sin as Addiction (New York:Paulist Press, 1989); Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth(Michigan:Bakers Books, p. 130-167).
32 Gagnon R. A. J.(2005), Scriptural perspective on Homosexuality and Sexual Identity. Journal of Psychology and Christianity, 24(4), 293-303. Afgelaai op 2015-02-09http://www.robgagnon.net/articles/ScripturalPerspectives.pdf.
33 Schwartz M.J., You are not your Brain (New York:Penguin Group, 2011:23-29); Schwartz, M. J., Brain Lock (New York: Harper Colins Publishers, 1996); Schwartz, M. J.; The Mind and the brain: Neuroplasticity and the Power of Mental Force (New York:Harper Perrenial, 2002); Schwartz, M. J. Dear Patrick (New York:Regan Books, 1998).
34 29 July 20114, An interview with research psychiatrist and author, Dr. Jeffrey Schwartz examines the mismatch between science-as-we-know-it and human experience. http://www.skeptiko.com/250-dr-jeffrey-schwartz-sciences-inability-to-explain-personhood/; Sien ook Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p.25, 121-129, 164-167, 218-220).
35 Satinover, J. Homosexuality and the Politics of truth (Michigan:Bakers Books, p. 121).___

Subscribe by Email

Follow Updates Articles from This Blog via Email

Esto es para ti

No te lo pierdas